Holyrood-paleis

Die Paleis van Holyroodhouse (Engels: Palace of Holyroodhouse), algemeen bekend as Holyrood-paleis (Holyrood Palace), is die amptelike tuiste van die Britse monarg in Skotland. Die paleis is aan die onderpunt van die Koninklike Myl in Edinburg geleë, aan die teenoorgestelde kant as Edinburg-kasteel. Staatseremonies en amptelike onthale word hier gehou.

Holyrood-paleis was die hoofwoning van die Skotse monarge sedert die 15de eeu. Wyle koningin Elizabeth II het ’n week aan die begin van elke somer hier deurgebring vir ’n reeks amptelike seremonies en afsprake. Die paleis is deur die jaar oop vir die publiek, behalwe wanneer lede van die koningshuis daar bly.

Die aangrensende Holyrood-abdy, waarvan die ruïne nog oor is, is in 1128 al deur koning Dawid I van Skotland in gebruik geneem, lank voor die paleis gebou is.

Die voorkant van die paleis met die abdy-ruïne en die 16de-eeuse noordwestelike toring links. Die res dateer uit die 17de eeu.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search